Sekwestrasies, Boedeloorgawes, Likwidasies, Rehabilitasies en Eiendomsoordragte Spesialiste

Kundige advies en regsvoorligting

Dit maak nie saak hoe groot jou skuldlas is nie, ons kan jou bystaan met die geskikte oplossings, raad én betroubare diens.


B.Proc, LLB(UP) Dip Insolvency Law (AIPSA)

 
 

Michael Senekal is n praktiserende prokureur en spesialiseer in Sekwestrasies, Boedeloorgawes, Likwidasies, Rehabilitasies en Eiendomsoordragte.

Ons Regspraktykareas

Sekwestrasie vind plaas wanneer ‘n natuurlike persoon of trust nie verder hul skuld kan delg nie en insolvent verklaar word, soortgelyk aan likwidasie in die geval van ‘n maatskappy of beslote korporasie.

Likwidasie is die proses waardeur ‘n maatskappy of beslote korporasie ontbind word en die maatskappy se bates versprei word om die krediteure en aandeelhouers van die firma te betaal.

Rehabilitasie is die proses wat vir voorheen gesekwestreerde individue gedoen word en bring ‘n einde aan hul insolvensie. Ná rehabilitasie kan ’n persoon om krediet begin aansoek doen en die beperkings wat deur sekwestrasie op die insolvent geplaas word, verval.

Senekal Prokureurs

Raak vry van die las van skuld.

As jy genoeg van skuld gehad het en moeg is daarvoor dat krediteure gedurig oor jou skouer kyk, kontak ‘n regsfirma wat jou sal help om jou opsies deeglik te verstaan om die regte oproep te maak.
 
Ongelukkig is daar nie ‘n kitsoplossing om uit skuld te kom nie, maar ons kan jou adviseer oor moontlike oplossings en die beste een wat by jou omstandighede pas.

Maak nie saak waar jy geleë is nie, jy is nie te ver vir ons om jou te help nie. Waar moontlik, sal ons selfs na jou toe kom.

Wanneer jy deur ons werk is jou eerste konsultasie gratis en praat jy direk met die Prokureur wat die nodige kwalifikasies, ervaring en kennis het om jou skuldlas te evalueer en geskikte aanbevelings te maak.

Moenie wag tot jy alles verloor het nie. Besluit om vandag nog die regte inligting GRATIS te kry.

Laai ons evaluasievorm af en stuur die voltooide vorm per e-pos na – michael@senekallaw.co.za.

Skakel gerus 012 542 5205 of 082 873 7917 om meer inligting te kry.

Voorkom wanvoorstellings en onnodige verdere uitgawes deur bedag te wees op swendelaars wat met ‘te goed om waar te wees’ skuld-oplossings vorendag kom.

Kry regsfeite en neem ‘n ingeligte, veilige besluit.

Waar nodig, word jou geld in ‘n trust-rekening inbetaal met die gemoedsrus dat ons geldige getrouheidswaarborgfonds-sertifikaat verseker dit is in veilige hande.